Grade 10
Hand- en Werkboeke
-
Al die boeke op die lys wat voorgeskryf is vir Graad 10 is verpligtend.
-
Bestel die regte keuse vir Engels. Merk dus net 1 van die 2.
-
Die English Handbook and Study Guide ontvang in Graad 8 word gebruik tot einde matriek. Moet dus nie aan die einde van Graad 9 ingehandig word nie, en word dus nie weer bestel nie.
-
U moet 'n keuse maak tussen Wiskunde en Wiskundige Geletterheid, merk dus net 1 van die 2
-
Daar is dus 7 vakke in totaal: Afrikaans, Engels, Lewensoriëntering, Wiskunde of Wiskundige Geletterheid plus 3 keuse vakke.
IGO Toerusting
-
Pakkette: Die voorgestelde Pakket B is saamgestel volgens die werkboek en bevat alles wat u kind sal nodig kry vir Graad10. Pakket A is bevat die noodsaaklikste items wat vir die eerste kwartaal gebruik word. Die res van die items kan dan stuk stuk aangekoop word.
-
Die Volledige Lys bevat al die items wat in die winkel aangehou word vir Graad 10 tot 12. Indien u dus reeds van die items het, bestel die res (volgens Pakket A) op hierdie lys.
-
Kontak die boekwinkel vir leiding.
-
Dra die bedrag oor na die handboekbestelvorm.
Studie Gidse
-
Studie Gidse is opsioneel ekstra.
-
Dra die bedrag oor na die handboek bestelvorm.
-
Kontak die boekwinkel of onderwyser vir leiding.
Skryfbehoeftes
-
Slegs die sakrekenaar en Wiskunde instrument stel wat u kind in Graad 8 ontvang het, is verpligtend.
-
Die skryfbehoefte lys bevat die items wat in die winkel aangehou word. bestel dus slegs wat u nodig vind. Skryfbehoeftes kan gedurende die jaar teen dieselfde prys by die winkel aangekoop word.
-
Dra die bedrag van die skryfbehoeftes oor na die handboek bestelvorm.